Khulakunye kom van die Xhosa-woorde khula (groei) en kunye (saam) – dit beteken “groei saam.”

Ons glo dat leierskap altyd begin by persoonlike groei, en dat sterk leiers sterker spanne en gemeenskappe bou. Maar dit gaan dit nie net oor teorie alleen nie, maar oor praktiese verandering: groei saam – in jou, jou span, en jou gemeenskap.

Ons fokus

  • Leierskap-ontwikkeling vir boere, spanne en plaaslike ondernemings.

  • Persoonlike groei en transformasie as fondament vir beter besluitneming.

  • Kulturele intelligensie en spanvertroue in diverse werkplekke.

Oor Khulakunye

Die Missie

Ons help leiers groei deur persoonlike ontwikkeling, leierskap-vaardighede en kulturele intelligensie prakties toe te pas.

Die Visie

Sterk leiers bou sterker gemeenskappe.

Gideon Hanekom

Konsultant en Aanbieder

Gideon Hanekom bring meer as 15 jaar se ervaring in mens-ontwikkeling, leierskap-opleiding en prestasie-afrigting in Suid-Afrika en Nieu-Seeland. Sy vroeë loopbaan (2002–2008) het gemeente en gemeenskapsontwikkeling in die Ceres- en Koue Bokkeveld-streek ingesluit, waar hy tweetalig in Afrikaans en isiXhosa gewerk het. Tydens sy teologiese studies tot Meestersvlak (MDiv) aan die Universiteit Stellenbosch, het hy op isiXhosa gefokus, wat hom unieke kruis-kulturele vaardighede en taalinsig gegee het wat hy steeds in sy werk toepas.

Hy het ook ’n graad in Sielkunde (Massey Universiteit, Nieu-Seeland) en nagraadse opleiding in Bedryfs- en Organisasiesielkunde, wat sy praktyk op ’n wetenskaplike-praktisyn benadering grond: die kombinasie van navorsingsgebaseerde insigte met praktiese hulpmiddels vir leiers en spanne.

Sedert 2008 het Gideon wyd gewerk in prestasie-afrigting en organisasie-opleiding. Hy het saam met First National Real Estate in Nieu-Seeland gewerk (plaaslik, streeklik en landwyd) vir meer as agt jaar, bestuursgroepe by die Accident Compensation Corporation (ACC) ondersteun, en ’n bydrae gelewer tot die Extension 350 (E350)-projek in Northland, waar hy mentors en leiers in die landbousektor ontwikkel het.

Sy kundigheid strek ook na sportprestasie, waar hy vir meer as ’n dekade as "mental skills coach" vir die Northland Rugby Unie gewerk het en elite-rugbyspelers se rugby prestasie en aanslag ondersteun en help bevorder het.

Nou terug in Suid-Afrika lei Gideon Khulakunye Consulting, met ’n fokus op leierskap, persoonlike groei en kulturele intelligensie in landbou en plaaslike ondernemings. Sy unieke kombinasie van internasionale ervaring, akademiese grondslag en plaaslike taal- en kultuurvaardigheid maak hom ’n betroubare vennoot vir leiers wat persoonlik wil groei, sterker spanne wil bou en gesonder organisasies wil skep.

Samewerkings