Groei Leiers. Bou Gemeenskappe.
Navorsingsgebaseerde leierskapsontwikkeling vir landbou en plaaslike gemeenskappe


Hoekom Khulakunye?
Khulakunye kom van die Xhosa woorde khula (groei) en kunye (saam) af– dit beteken eenvoudig: “groei saam.”
In die landbou en plattelandse gemeenskappe weet ons dat ware leierskap nie net oor bestuursvaardighede gaan nie, maar oor persoonlike groei en verhoudings wat ander se lewens raak. Baie opleiding fokus op tegniese kennis of bestuursmetodes, maar min gaan werklik diep in die persoon agter die leier.
By Khulakunye bring ons wetenskaplike navorsing en praktiese ervaring saam om leiers te help groei – as mense, as spanbouers, en as draers van gemeenskaplike visie.
Kliente Opinies
Wat sommige kliente dink
"As bestuurder word jy daagliks gekonfronteer met mense uit verskillende agtergronde en persoonlikheidstipes in jou span. Gideon het vir ons die gereedskap gegee om hierdie uiteenlopende groep te lei en hulle by ons strategie te kry. Dit het my gehelp om elke spanlid volgens hul eie behoeftes en as individue te benader en te lei. Tye het verander, en ons as leiers kan nie meer dieselfde resultate verwag as wat jare terug aanvaar is nie. Gideon het ’n positiewe impak gehad op ons nuwe manier van lei.”
Danie Swanepoel, Afgri Vredendal
"Ek het Gideon Hanekom ontmoet by 'n sessie tydens 'n Bestuursvergadering. Gideon het 'n gemaklike, dog doelgerigte en interaktiewe benadering tot die onderwerp van bespreking. My ervaring was dat Gideon weet waarvan hy praat en uit ondervinding kon deel. Terug op kantoor kon ek dadelik die beginsels begin toepas wat bespreek was. Hy was goed voorberei en ek sal hom verseker aanbeveel .”
Thys Bester, Afgri Piketberg






Current Services
Cultivate Leadership Excellence: Leadership Development Workshop
Unlock Your Potential: Personal Transformation Workshop
Boost Your Interpersonal Skills: Emotional and Cultural Intelligence Workshop


Build Stronger Teams: Team Development Workshop
Kry Ons Nuusbrief + Hulpmiddels
Wanneer jy inteken, kry jy ook GRATIS toegang tot ander aflaaibare hulpmiddels wat oor verskeie organisasie-verwante onderwerpe handel. Ons voeg gereeld nuwe inhoud by.